Die Taiwanese superster Ching-Yun Hu gaan volgende week die Linder Ouditorium aan die brand speel. Behalwe haar tegniese vaardighede en musikale talent is dié pianis ook wêreldwyd gewild weens haar opwindende verhoogpersoonlikheid.
Ching-Yun Hu is op Saterdag 12 April om 20h00 in die Linder Ouditorium. Haar program sluit in Chopin se Sonate in B-mol mineur, gevolg deur Ravel se Gaspard de la Nuit. Die tweede helfte van die program word gewy aan die musiek van Spanje, met musiek van Granados se Goyescas en Albeniz se Iberiese Suite.
Kaartjies kan bespreek word by Computicket, en sal ook by die Linder beskikbaar wees ‘n uur voor die aanvang van die uitvoering. Let daarop dat daar geen kredietkaart-fasiliteit by die Linder is nie. Studente 23 jaar en jonger met ‘n geldige studentekaart betaal aansienlik minder vir kaartjies.

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
