Chris Chameleon wen Kanna

 

Chris Chameleon het die KANNA-toekenning by vanjaar se ABSA KKNK gewen vir die beste manlike kunstenaar. Chris, wie se nuutste album Kyk hoe lyk ons nou onlangs vrygestel, is vanjaar vir nie minder as vyf MTN South African Music Awards benoem; vier daarvan vir Klassieke Chameleon.

Chris en Klassieke Chameleon is benoem in die kategorieë Beste Afrikaanse DVD, Beste Kontemporêre Afrikaanse Album asook die toonaangewende Beste Manlike Kunstenaar en Album van die Jaar. In hierdie produksie wys Chris werklik waartoe hy in staat is. Met ‘n wonderlike orkes van tjello, fluit, klavier, ghitaar en perkussie kry sy eie liedjies ook sommer ‘n nuwe dimensie. Chris het klassieke verwerkings van onder andere “Eerste oogopslag”, “Sterredank”, “Die onverkrygbare”, “Bitterbessie dagbreek” en “Saved” gedoen. En dan sing hy ook klassieke treffers soos “O sole mio”, “Here comes the night”, “Sunrise sunset” en “Die Onse Vader” soos net Chris Chameleon dit kan sing. Hierdie produksie was ongelooflik gewild vanjaar se KKNK in Oudtshoorn, en het staande ovasies ontvang tydens 2007 se Aardklop, Cultivaria en Volksblad Kunstefees.

Chris Chameleon word deur baie beskou as ‘n fenomeen op die Suid-Afrikaanse musiekfront. Met sy eiesoortige, uitsonderlike styl en vermoë om gehore te bekoor met sy stem wat oor vier oktawe strek, word Chris gereken as een van die belangrikste en mees gewilde kunstenaars van ons tyd. Hy is die afgelope drie jaar bekroon met die indrukwekkende totaal van 16 toekennings, onder andere `n SAMA-toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album vir 7de Hemel en `n Erepenning van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot Ligte Afrikaanse Musiek.

Chris het met Ek herhaal jou daarin geslaag om die digkuns van Ingrid Jonker op ‘n modern toeganklike en sensitiewe wyse weer te gee. Sy bydrae tot die herlewing van digkuns by n breër publiek is ook `n noemenswaardige gevolg van hierdie album. Sy insluiting in die span aanstaande skrywers en digters vanuit Nederland en Curacao by geleentheid van die Derde Simposium vir swart Afrikaanse skrywers by UWK in 2006, onder leiding van Antjie Krog, is beduidend van die erkenning wat daar onder sommige van die voorste akademici bestaan vir die rol wat sy akkurate toonsettings in die bevordering van Afrikaanse digkuns speel.

Chris Chameleon
Chris Chameleon

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar