Cederbergfees skop af met musiekteater

Die Cederberg Kunstefees skop vanjaar af met ‘n musiekproduksie onder regie van Alvin Collison.

’n Groep beroemde sangers onderneem ’n toer in Suid-Afrika. Hulle bevind hulself gestrand op Clanwilliam nadat hul voertuig in die versengende hitte onklaar raak. Hulle is genoodsaak om vir ’n rukkie oor te bly. Die groep raak betrokke by die skool se konsertopvoering, en die klein dorpie asook die groep sangers se lewe word onherroeplik verander!

Cederberg Kunstefees 2009
Augsburg Landbougimnasium
Kaartjies: Bespreekte plekke R40 per persoon. Volwassenes R30 per persoon. Skoliere R20 per persoon.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar