Via Afrika literêre pryse kortlys bekend

 

Die kortlys vir die jaarlikse Via Afrika literêre pryse is onlangs bekendgemaak.
Die pryse sal op 13 Junie 2009 in samewerking met die M-Net literêre pryse toegeken word.

W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse letterkunde oor alle genres heen

30 nagte in Amsterdam deur Etienne van Heerden (Tafelberg)
Byna liefde deur Izak de Vries (Tafelberg)
Staan in die algemeen nader aan vensters deur Loftus Marais (Tafelberg)

Hierdie prys word toegeken aan hoëgehalte Afrikaanse letterkundige werk waarvan die skrywers die vermoë het om deur hul uitstekende skryfwerk die grense van die Afrikaanse letterkunde uit te brei.

Recht Malan-prys vir Engelse of Afrikaanse nie-fiksie of nie-literêre werke

A Millimetre of Dust deur Julia Martin (Kwela Boeke)
On the Contrary deur Tony Leon (Jonathan Ball Publishers)
Three-Letter Plague deur Jonny Steinberg (Jonathan Ball Publishers)

Die Recht Malan-prys, wat vir die eerste keer in 1978 toegeken is, erken voortreflikheid op die gebied van nie-fiksie boeke. Dit dien om die gehalte van skryfwerk asook grondige navorsing en oorspronklike benadering te bevorder.

Die M.E.R.-prys word in twee sub-kategorieë verdeel: M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke (ouderdomme 0-8, maar nie beperk tot hierdie ouderdomme nie) en M.E.R.-prys vir jeugliteratuur (ouderdomme 8-16, maar nie beperk tot hierdie ouderdomme nie).

Die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke

Brolloks en Bittergal deur C.J. Langenhoven, teksverwerking deur Leon Rousseau, illustrasies deur Nelda Vermaak (Human & Rousseau)
Siyolo se trui / Siyolo’s Jersey deur Mari Grobler, illustrasies deur Elizabeth Pulles (Tafelberg)
Die Muisboot / The Mouseboat deur Paddy Bouma (Tafelberg)

Die M.E.R.-prys vir jeugliteratuur Lien se lankstaanskoene deur Derick van der Walt (Tafelberg)
Onderwêreld deur Fanie Viljoen (Tafelberg)
Sharkey’s Son deur Gillian D’achada (Tafelberg)

Herman Charles Bosman-prys vir Engelse letterkundige skryfwerk en outobiografie

A veil of footsteps deur Breyten Breytenbach (Human & Rousseau)
Bodies Politic deur Michiel Heyns (Jonathan Ball Publishers)
Notes from the Dementia Ward deur Finuala Dowling (Kwela Boeke & Snailpress)

Die Herman Charles Bosman-prys bevorder en erken voortreflikheid op die gebied van Engelse letterkundige skryfwerk in Suid-Afrika.

Die W.A. Hofmeyr-, Recht Malan-, M.E.R.- en Herman Charles Bosman-pryse word slegs toegeken aan outeurs van titels wat deur die Via Afrika-uitgewersgroep gepubliseer en voorgelê is. Dit sluit in NB-uitgewers, Jonathan Ball Publishers, LuxVerbi-BM, NVA en Van Schaik-uitgewers.

Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse letterkunde

Alles mooi weer deur Karin Cronjé (genugtig!)
Byna liefde deur Izak de Vries (Tafelberg)
Die dag toe ek my hare losgemaak het deur Willemien Brümmer (Human & Rousseau)

Die Jan Rabie/Rapport-prys word jaarliks toegeken aan ’n debuut- of vroeë werk gekenmerk deur vars en innoverende Afrikaanse prosa. Alle uitgewers van Afrikaanse fiksie mag meeding om hierdie prys.

‘n Kontantprys van R30 000 word aan elke wenner toegeken.

Die wenners sal tydens die Cape Town Book Fair op Sondag, 14 Junie om 11:00 by die Via Afrika Lounge wees.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar