Christia Visser is besig om spore in die musiekbedryf te trap sedert haar eerste enkelsnit “17 Shots”.
Christia is alreeds ‘n geliefde akrise in SA en haar drama agtergrond sorg vir ‘n vertoning met diepte wat haar stem en skryfwerk na vore bring. Die vertoning gaan oor uitdagings in ons lewens, jouself te vind en ‘n persoonlike boodskap van hoop waarmee mense hulleself kan vereenselwig.
By die Boer in Durbanville op Vrydag 14 April om 20h30. Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

