Coffee Snobs se nuwe enkelsnit is “Sing en Dans”, ’n energieke, goedvoel-liedjie wat luisteraars nooi om saam te sing en die lewe te vier.
Die liedjie, geskryf deur Vernette, dra ’n positiewe boodskap oor lewenskeuses en ingesteldheid.
“In my eie lewe het ek gevind dat wanneer ek ’n positiewe uitkyk op die lewe het, daar geneig is om meer positiewe goed na my kant toe te kom — en dit is eintlik waaroor “Sing en Dans” gaan,” sê sy.
“’n Mens moet kies om die glas halfvol te sien, jy moet kies om saam te sing en saam te dans.”
Met sy aansteeklike ritme en opbouende lirieke is “Sing en Dans” die perfekte klankbaan vir enige oomblik waar mense wil ontspan, saamkuier en die goeie in die lewe vier.

