
Die bekende violis, vorige konsertmeester van die Kaapse Filharmoniese-orkes en tans viooldosent aan die US, Suzanne Martens en die opwindende jong pianis Jose Dias is die volgende musici wat op Vrydag 18 Mei on 20:00 in die derde kamermusiekkonsert van Con Spirito se konsertreeks vir 2012 optree.
Die konsert vind plaas in die George en Annie Starck-herehuis, h/v Mike Pienaar Boulevard en Frans Conradierylaan, Bellville.
Die program bevat sonates vir viool en klavier deur Le Clair, Beethoven, Prokofiev en Brahms. Sitplekke is onbespreek en kaartjies kan vanaf 19:00 teen R95, R75 en R30 (sluit in gratis program, sjerrie/sap en verversings) by die deure verkry word.
Navrae: 082 571 6712.
