Die Heinz Emporium gaan ‘n bynes van bedrywighede sowel as die beste plek om asem te skep tydens vanjaar se Cultivaria kunsfees. Die Heinz Emporium is die ideale stop vir verversings, lewendige vermaak en ‘n blaaskans van die stampvol feeskalender.
Vir musiekvermaak is daar ‘n fantastiese skedule om jou voete te laat jeuk. Moenie vir Robbie Wessels en sy orkes, Jakkie Louw en Kevin Leo, die immergroen treffers van die ongelooflike McCully’s Workshop en vele ander kunstenaars misloop nie.
Ingang is GRATIS met enige vertoningkaartjie *, vir die dag van die vertoning, alternatiewelik is dit R40 p.p.p.d.
Cultivaria 2009
* Bovril Black Tie, Heinz Rooi Rose Ontbyt, Ommietafel met stories, Chas Everitt Toere, Persia to Paarl en Kos vir n Skrywer uitgesluit.