Danie Niehaus is al vir meer as vier dekades bekend as bekroonde sanger en liedjieskrywer en hy snoer kragte saam met Germandt Geldenhuys in ‘n produksie van sang, vertellings en musikale kruisbestuiwing. Germandt, bekend as “Louis Koster” van Binnelanders-faam en self bekroon vir sy toneelspel in die rolprent “Kanarie”, het met sy agtergrond in musiekteater, sy aanhangers verras met sy onlangse buiging in die mark van ligte musiek. Musiekliefhebbers, fliekgangers en sepiekykers sal almal ewe verras wees met hierdie samekoms van twee groot stemme, asook hul humor en persoonlikhede saam op een verhoog – ‘n unieke kombinasie en musikale reis deur verskillende genres, wat jy nie wil mis nie!

By Die Boer Restaurant Teater op Sondag 16 Oktober 2022 om 14h00

Kaartjies is R220-00 en beskikbaar by 021 979 1911/ aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply