In hierdie vertoning neem Danie Niehaus jou op reis – deur sy lewe, deur tyd … met musiek van lank gelede tot nou en hy reis ook met gemak deur verskeie tale en genres. Hy sing ballades, ligte rock- en ligte klassieke musiek met vertellings – soms komies – oor die ontstaan van al die liedjies. Danie sing van sy eie musiek soos “Parys in die somer” en sy bekende “Jy is vrou”, maar ook musiek wat hom geïnspireer het oor die jare.
Reis is altyd beter saam met ‘n goeie reisgenoot en Danie Niehaus nooi jou vir hierdie een middag om saam met hom op reis te gaan!
By Die Boer teater in Durbanville op Sondagmiddag 1 September 2024 om 14h00.
Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

