Desmond Wells is ‘n sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler. Hy sing voltyds en tree landwyd op.
Sy eerste album Heeltyd Speeltyd was genomineer vir die beste beste Afrikaanse Dansalbum by 2007 SAMA-toekennings.
Hy het in April 2007 ‘n platekontrak by Hoezit Musiek gekry en sy album Jy’s die een is in Junie 2007 landwyd vrygestel. Sy jongste CD, ’n Stukkie van jou hart, is in September 2008 vrygestel en van sy liedjies is reeds Afrikaanse treffers.
