Die Liedjietoer

Die Liedjietoer
Roekeloos
21 Februarie

Deon Meiring en Franco Prinsloo toer al die pad van Pretoria af Kaap toe met die 2014 Liedjietoer.

Deon (van Glaskas en Dans Dans Lisa faam), wat vir 10 weke met die Slaapkamer sessies 10 nuwe liedjies geskryf het, sing stories wat hy op die kitaar begelei. Hy sing ook ’n paar van sy ouer bekende liedjies.

Franco sing toonsettings van digters o.a Breyten Breytenbach, W.E.G Louw, N.P van Wyk Louw en ‘n paar epiese treffers uit sy eie pen. Liedjies soos “Die Ballade van Patty Bekker”, “Nagliedjie” en “Liefdesdag is op die spyskaart”.

Saterdag, 8 Maart, 19h30
Ou Meulteater, Paarl
Kaartjies: R80.00

Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply