Die maan deur ’n gaatjie in die nag stel gehore bekend aan Marie Tredoux, Jannie du Toit se jarelange vriendin en ’n legende op Jacobsbaai aan die Weskus.
Marie word in September 94 en skryf steeds musiek en sing steeds pragtig. Sy skryf oor dinge wat die hart raak, oor die prentjiemooi Jacobsbaai en oor die mense en dinge van die Weskus. Haar liedjies is so onopgesmuk soos syself en is juwele in die tradisie van die kleinkuns. Haar aangrypende “Jacobsbaai se aandlied” verskyn in die nuwe FAK-Sangbundel en “Mis oor Jacobsbaai” is in die negentigerjare reeds deur Laurika Rauch opgeneem.
Die aard van Tredoux se musiek herinner aan ’n straatkafee in Parys, of ’n nostalgiese Nederlandse seemanslied.
Die bindingsteks vir die verhoogproduksie is geskryf deur Dana Snyman, ’n vriend van Marie, wat vroeër self op Jacobsbaai gewoon het.
MET Jannie du Toit, Chanie Jonker en Annelie du Plessis-Hoberg TEKS Marie Tredoux REGIE Jannie du Toit PRODUKSIEBESTUURDER Jopie Koen VERVAARDIGER Jannie du Toit, JNS Musiek
5 April 2023, 13:00, Banketsaal, Oudtshoorn
KKNK

