Die Nuwe Trefferalbum is ‘n gepaste titel vir Laurika Rauch se tweede “grootste treffers” album. Niemand sal enige weddenskappe aangaan dat hierdie ‘n top verkoper gaan wees nie.
Volgens Select Musiek kan Die Nuwe Trefferalbum gesien word as “‘n vennoot van 19 Treffers van 21 jaar en die twee samestellings vorm saam ‘n klassieke versamelstuk”.
Liedjies op Die Nuwe Trefferalbum sluit in “Die mense op die bus”, “Strattroebadoere”, “Aai-Aai”, “Die mense wat ek liefhet”, “Kom laat ons sing”, ” ‘n Sonneblom uit Bethlehem”, “Kabouterliefde”, “Vier Seisoene Kind”, “Sonvanger” en “Marieke”.
Laurika het ook Etienne Steyn se “Dis die storie van my hart” spesiaal vir hierdie samestelling opgeneem.
