Die Boer en die Broers het besluit om ‘n verkiesingsparty te hou. Hoekom?…wel, hoekom nie? … en die volgende dag is n vakansiedag, OK?
En daar is niemand beter as Christo, Cobus en Nic om ’n party aan die gang te skop nie!
Die Broers het geen bekendstelling nodig nie. Hulle sing al vanaf 2006 saam en het reeds verskeie albums op die rak. Hulle was laaaaanklaas in Die Boer gewees, so trek maar jou partytjie-klere aan! Daar is Van Loveren wynspecials en pryse op die aand om die aand nog joliger te maak.
By Die Boer teater-restaurant in Durbanville op 28 Mei om 20h30. Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com .
