Die Vloed is ‘n klassiek-progressiewe rock-produksie wat by tye herinner aan die konsepalbums van die sewentigs.
Dit is veral die onheilspellende “Daar Wag Iets”, die antemiese “Die Vloed” en die roerende “Konings” wat luisteraars sal aangryp.
Die uitstekende “Afrikaans”, Foto Na Dans se treffer-samewerking met Flash Republic, is ook op die album ingesluit.
Dié kragtige album bly egter deurlopend getrou aan Foto Na Dans se eklektiese styl, en verdien om kliphard, op die beste klankstelsel moontlik geluister te word.
Die Vloed
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)