Die winterreise deur Franz Schubert
Die winterreise-liederesiklus na gedigte van Wilhelm Müller beeld ’n man se pad deur ’n fisieke en psigologiese landskap van sneeu, ys en koue uit.

Sy stryd om rus te vind en sy geestestoestand word uitgebeeld in 24 aangrypende toonsettings wat tussen vreugde en hoop en hopeloosheid beweeg.

Die siklus loop ten einde met die klaagsang van ’n bedelaar wat sy eentonige draaiorreltjie in die koue speel.

Die gehoor sal verduidelikende aantekeninge ontvang en gelei word deur ligspel en sketse deur William Kentridge.

Met: Robert Brooks (tenoor) en Gisela de Villiers (klavier)

Aanbieder: Nic de Jager

Vervaardiger: Infullvoice Productions

Genre: Klassieke musiek
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R110 | R130 by die deur
Plek: Fismer, Stellenbosch
Datum: 7 Maart 12:30
Woordfees 2018


Die winterreise deur Franz Schubert

Die winterreise deur Franz Schubert


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply