Die Wynmaker Sprokie vir my

Rudi von Waltsleben, musikant, musiekskrywer en wynmaker het bekendheid verwerf vir sy debuutalbum, Die Wynmaker Oesjaar.

Rudi sing en skryf al vir sewe jaar sielvolle musiek, geïnspireer deur die mooi en soms ook die hartseer. Na drie jaar stel hy nou sy nuwe album bekend, Die Wynmaker Sprokie vir my.

Saam met hom op die CD speel ’n hele klomp formidabele musikante wat sy diep stem en melodieë ten volle komplimenteer, onder andere Jacques Steyn (DNA Strings) op kitaar, baskitaar en klawers, die bekende tromspeler Tim Rankin op dromme, Schalk van der Merwe op baskitaar en die talentvolle Henry Steel op elektriese kitaar.

Met die nuwe album stel Rudi sy diversiteit in musiekskryf ten toon. Die nuwe album bevat die treffers “Seeman” en “Stellenbosch” wat al vir die afgelope jaar gehore betoor. Rudi se optredes is vars en vol energie wat gekomplimenteer word deur staaltjies en musiek wat aanvaarbaar is vir ‘n wye gehoor.

Rudi von Waltsleben
Rudi von Waltsleben

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar