Driekuns

Van Chris Chameleon kan ’n mens altyd die onverwagse verwag. Vanjaar bied hy met Driekuns nog ’n kykie op sy veelsydigheid.

Bygestaan deur Jonathan Crossley op kitare, Riaan van Rensburg op perkussie en Ampie Omo op klawers, trompet en tromboon en perkussie gaan Chris vanjaar nie net interessante nuwe verwerkings van sy treffers en persoonlike gunstelinge bied nie – hy gaan ook vir die wat sy Boo!-dae gemis het, wys hoe hy ’n baskitaar kan tem. Verwag dus ook ’n paar klasieke Boo!-nommers.

Wat hierdie produksie so besonders maak, is dat hy vir die eerste keer sedert Boo!-dae met Ampie Omo, sy kollega uit daardie eklektiese driemanskap, saamwerk.

Chris het ’n Kanna by die KKNK ontvang as beste manlike kunstenaar vir sy optrede in Driekuns. ’n Chameleon kragtoer wat nie misgeloop moet word nie.

Feesgangers by innibos kry binnekort geleentheid om Driekuns te sien.

innibos 2009

Datum en tyd: Do 2 Jul 18:00, Vr 3 Jul 15:00 Sa 4 Jul 10:00
Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 60 min
Prys: R87

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar