Dullstroom Winterfees

Die Dullstoom Winterfees vind vanjaar vir die eerste keer plaas vanaf 10 to 19 Junie in Dullstroom, Mpumalanga.

Hulle beplan om groot getalle feesgangers te lok om te deel in ’n propvol feesprogram. Albert Frost & Blues Broers band, André Swiegers en Laurie Levine is van die bekende kunstenaars wat gaan optree.

Daar gaan ook verskeidenheid stalletjies wees waar mense die geleentheid sal hê om wyn, bier en kaas te proe. Vlooi- en plaasmarkte op die fees behoort ook heelwat belangstellendes te lok.

Laurie Levine sal by Harrie’s Pancakes wees, wat al 25 jaar bestaan. Die regte plek vir Levine se folk. Radio Kragbron saai ook uit vanaf Harrie’s gedurende die fees. Andre Swiegers is by Simpson’s Restaurant en Albert Frost en die Blues Broers by die Cherry Grove Piazza.

Albert Frost & Blues Broers
Albert Frost & Blues Broers

Lewer kommentaar

Leave a Reply