Ek Herhaal Jou

Sjoe! Mens wil net luister en droom en elke nou en dan ‘n klein bietjie huil wanneer jy na die toonsetting van Ingrid Jonker se gedigte luister. Met ‘n stem en wysies wat toor, herhaal Chris Chameleon die lyne van haar woorde in ‘n lugspieëling van klank wat die verlede eggo. Daar is ‘n plek hier waar hartstog, weemoed en kinderlikheid ontmoet in soveel helder eenvoud – dis amper bomenslik mooi.

Lewer kommentaar

Leave a Reply