Emile Minnie in Ge-org

Emile Minnie word nie verniet deur Laurika Rauch as een van die land se beste liedjieskrywers gereken nie. Sy het al drie van sy liedjies opgeneem en resensente is dit eens dat Emile se liedjies absoluut puik is.

Hierdie KKNK Kanna-genomineerde vir Beste Musiekteater, World Song Contest-finalis en ATKV Crescendo-kompetisie finalis en onder die Top 3 in die Huisgenoot Tempo Liedjiekompetisie is beslis `n kunstenaar wat sy storie ken.

Sy optrede bied `n verfrissende mengsel oorspronklike kontemporere liedjies van sy 2010-album Supernova, asook romantiese Franse kabaret-treffers van sy vorige album Nagmusiek.

Gaan beleef sy kenmerkende humor, energie en styl.

Emile Minnie is op 30 Maart by die Kalahari Restaurant & Teater in George.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply