Grammy-wenner Faith Hill se nuwe album Cry het reeds dubbel platinum status bereik, net ses weke nadat dit verskyn het. In die eerste week van die cd se verskyning is daar sowat 472 000 kopieë verkoop.
Sedert haar debuutalbum in 1993 het Hill reeds meer as 25 miljoen cd’s verkoop en 8 nommer een treffers gehad.
