Flamenco in Compas

 

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Die bekroonde Flamenco kitaar speler Saudiq Khan het groot geword in Distrik Ses, Kaapstad, waar hy die hart en siel van die Kaapse musiek kultuur leer ken het. Hy was as ‘n kind reeds geïnspireer deur Flamenco kitaarmusiek en in 1989 is hy na Seville, Spanje, waar hy onder verskeie kitaarmeesters studeer het.

Beroemde kitaarspelers soos Paco de Lucia, Rafael Riqueni en Vicente Amigo het Khan geïnspireer om op sy eie musiek te komponeer en hierdie komposisies verskyn op sy nuwe album Pure Soul.

Saudiq Khan is bekend vir sy vurige aanslag op die Flamenco kitaar en in hierdie produksie word hy begelei deur twee top musikante in Robert Davids op cajon- en Andre Webb op baskitaar.

Khan is hierdie maand by Die Boer in Durbanville.

Saudiq Khan

Lewer kommentaar

Leave a Reply