Laventel


Laventel word soms die “koningin van kruie” genoem. Behalwe vir die heurlike geur het dit onder meer antiseptiese en antibakteriese eienskappe, verrig wondere vir seer spiere en help teen slapeloosheid. Die woord is afgelei van die Latynse woord “lavare”, wat “was” of “bad” beteken.

Daar is verskeie soorte laventel, meer as 30 spesies en nog meer kruisings.

Ware Engelse laventel (Lavandula angustifolia) word in Europa vir olie gekweek en sal nie in Suid-Afrika oorleef nie. Vra vir Lavandula intermedia indien jy iets soortgelyks soek. Die Margaret Roberts is die beste voorbeeld hiervan. Die grysgroen plante word tot 1,5 meter hoog, blom amper regdeur die jaar en dra geurige ligblou tot pers blommetjies. Die plante kan ryp, hitte, droogte en wind weerstaan, en sal in arm grond groei. Dit is geskik vir olieproduksie, medisinale gebruik, en kook. Dis ook goeie snyblomme. Plant dit langs tuinpaadjies, as heinings of om jou kruietuin. Dit verjaag witvlieg en plantluise.

‘n Ander gewilde soort is Lavandula alardii, African Pride. Dit kan gereeld gesnoei word en is mooi heiningplante.

Goeie dreinering, genoeg kompos en genoeg son sal jou laventel sommer gou laat wild groei. plant hulle sowat 1,5 meter uit mekaar.

Jong plante moet in warm weer gereeld water kry, maar vir die res is twee maal per week genoeg. Sny die blomstele ‘n kwart terug na elke goeie blomfase.

Landboukalk en beenmeel by die grond sal jou laventel laat gedy.

Sluit aan by die Gesprek

4 Kommentare

  1. My Laventel plant het net vir geen rede, gevrek. Dit het genoeg water gedurende die warm dae gekry ~ nie te veel nie! Het iemand raad asb? Sal dit dalk weer uitloop?

  2. Ek weet van Lavender wat al jare groei sonder enige aandag. Miskien is die grond of ligging verkeerd. Goeie dreinering is belangrik.

  3. KAN MENS STIGGIES MAAK VAN LAVENTEL? EN HOE DOEN MENS DIT INDIEN MOONTLIK?

  4. Ja, jy kan steggies maak. Breek takkie af. Stroop onderste blare af. Doop onderent in hormoonpoeier. Plant en hou nat.

Lewer kommentaar

Leave a Reply