“Ag, dis maar wors,” sê Fytjie tong-in-die-kies. “Eerste liefde is soos ’n pakkie oepsies by ’n braai – dit hou nie lank nie. Wanneer daardie dopamien-stormloop begin bedaar, laat dit jou met ’n onbeskryflike leegheid.”
Sy verduidelik dat Fluit-Fluit Vlinders ontstaan het tydens ’n baie persoonlike genesingsproses. “Ek sou graag wou sê ek het een oggend wakker geword en besluit: ‘Thank you, next.’ Maar die waarheid is, hierdie liedjie is gebore uit baie staptogte saam met myself en my Skepper in die Tafelberg-natuurreservaat. En ja – ek was ook moeg vir vashou aan ou love letters.” lag sy.
Die liedjie is ’n eerlike, speelse afsluiting van ’n liefdeshoofstuk. “Fytjie love ’n vleitjie en ’n blaartjie. Hierdie een is vir al die girlies en guyzies wat net eenvoudig gereed is om ’n hoofstuk toe te maak. Fluit-fluit, my storie is uit!”


Fytjie is ’n rock-poppie, gebore uit die reuk van naeltjies, kinderdrome en Valentine-hartjies. Haar persoonlikheid is groot en kleurvol, en haar musiek is ’n unieke mengsel van sokkie, ’n sprinkel mooi en ’n skeut rock-’n-roll. Haar melodieë speel wegkruipertjie tussen bougainvillea-bosse en bly lank ná die laaste noot nog by jou.

Fluit-Fluit Vlinders - Fytjie
Fluit-Fluit Vlinders – Fytjie

Lewer kommentaar

Leave a Reply