Oepsie is Christie van Niekerk se eerlike kyk na die kuns van foute maak.

In hierdie Afrikaanse stand-up show word verleentheid en ongemaklike ervarings omskep in goud – want as jy nie kan lag nie, wat kan jy doen? Met selfgeskrewe musiek en ’n skerp sin vir waarneming, vier Oepsie die chaos van die lewe en herinner ons dat vreugde dikwels in ons grootste “oepsies” lê.

Geen onder 16 nie weens taalgebruik en “adult content”.

By Die Boer teater in Durbanville op 20 Mei. Kaartjies is R200 en beskikbaar by 021 979 1911 / www.dieboer.com

Christie van Niekerk
Christie van Niekerk

Lewer kommentaar

Leave a Reply