Die jong sopraan van Oudtshoorn, Friedel Mitas, het die musiekwêreld aan die gons met haar grootse talent. Friedel het in 2011 haar internasionale debuut in Italië gemaak.

Feesgangers kan uitsien na bekende werke soos “Summertime”, “The Jewel Song”, “Mali die slaaf se lied” tot “I dreamed a dream”, “Suikerbossie” en “O mio babbino caro”.
Friedel behartig self die regie van die produksie.
KKNK 2012
Genre: Instrumentaal, Kontemporêr
60 minute
R80
ATKV Neelsie Teater, Oudtshoorn
6 April 17:00 7 April 10:00
