Gatskop in die Baai

 

Zak van Niekerk is terug met sy jongste DVD, Gatskop In die Baai.

Zak van Niekerk het bekendheid verwerf in 2003 met Lekkerkry en daarna het Byt My, Oe Na Na, sy DVD Zak maak Twak en Ramkat gevolg.

Nou is hy terug met ‘n splinternuwe DVD vol treffers en skreeusnaakse stories, soos net Zak dit kan vertel. Die DVD sluit van sy treffers in soos “Ramkat”, “Lekker in Suid-Afrika”, “Jantjie de Wet”, “Borrels in my bier” asook ‘n duet met die “Deur die Straights”-man, Hugo.

Hy is reeds bekend as ‘n grapmaker en poetsbakker by uitstek en Zak doen sy ding met sy lewendige optrede by Danskraal in Port Elizabeth nie. Hy is duidelik ‘n gewilde komediante wat lekker kuier- en luistermusiek aanbetref. Met sy unieke manier van mondfluitjie speel, word hy beskou as die een van bestes op die gebied.

Gatskop in die Baai sluit ook drie bonus video’s in van “Ramkat”, “Jantjie de Wet” en “Borrels in my bier”.

Gatskop in die Baai
Gatskop in die Baai

Zak se eerste CD, Lekkerkry sowel as sy DVD, Zak maak Twak het platinum status bereik, met Byt My en Oe Na Na ver oor die goue status kerf en ook sterk oppad na platinum toe.

Zak van Niekerk-aanhangers sal dit geniet.

05 November 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply