Hell W10

Hell W10 (1983) is ’n interessante fliek. Die akteurs is almal lede van die destydse groep The Clash. Een van die lede, Joe Strummer, was die regisseur.

Die film se styl is uit die 1930’s, maar die speel af in Londen van die 80’s. Die sentrale temas is ambisie, moord en geweld. Die klankbaan is natuurlik deur The Clash.

Joe Strummer is die polisieman met die snor. Hy is een van die ikoniese figure van die punk era en was ook deel van The Mascaleros en The Pogues. Hy is in 2002 oorlede.

Lewer kommentaar

Leave a Reply