Hey Jude

Die Klein Libertas Teater Koor doen in Desember 2015 hul tiende produksie in slegs vier jaar van bestaan! Hul vier dié mylpaal-produksie met ‘n nostalgiese herlewing van Beatles liedjies.

Hierdie is geen ‘tribute-show’ nie, geen namaaksel of imitasie, geen ode nie. Kenmerkend aan die koor se styl, gaan die Beatles liedjies gewas, ge-press en verstel word in bellbottoms, kopbande, krale en ‘tie-dyes’.

Hey Jude is ‘n oorspronklike konsep om die Beatles se musiek met ‘n teaterkoor uit te beeld, eiesoortig aan dié unieke koor, waar hulle terug reis in tyd na die laat sestiger-jare terwyl die musiek steeds kontemporêr bly.

DATUM: 1 & 3 Desember 2015
TYD: 20h00
VENUE: Oude Libertas Ouditorium, Stellenbosch
KAARTJIES: R80 (volw) R50 (pens & studente)
Bespreek by 082 648 9621 of koop by die deur.

Met gaskunstenaars Basson Laubscher & The Violent Free Peace

Lewer kommentaar

Leave a Reply