Julanie J se nuutste enkelsnit is “Moeilikheid”. Die liedjie bring ’n vars energie na die Afrikaanse musiektoneel en kombineer eerlike storievertel lirieke met ’n aansteeklike ritme wat luisteraars onmiddellik sal laat goed voel.
Hierdie vrystelling merk nog ’n opwindende stap in Julanie J se groei as kunstenaar, en sy hoop dat luisteraars hulself in die storie van die liedjie sal herken. J vertel dat sy nog altyd iets oor haar bry in ń liedjie wou sit en toe iemand dit toevallig by ‘n vertoning een aand opbring, het sy geweet dat nou die regte tyd was!

