Anna Davel sing nog steeds die land aan die brand in haar nuwe musiekproduksie In jou arms.
Anna doen ‘n program van meestal splinternuwe musiek en ook ‘n paar meer bekende songs uit haar repertoire die afgelope 10 jaar. Saam met haar op die verhoog is die talentvolle pianis en vervaardiger, Ramon Alexander, asook die briljante Annemie Nel op perkussie.
In jou arms is by Die Boer op 6 Maart 2013.
Besprekings: 021 979 1911
Tyd: 20:30
