Neem die uiters talentvolle Joshua na die Reën, sit daarby die pragtige suiwer stem van Corlea Botha en meng dit met Tuks Camerata onder leiding van die flambojante Michael Barrett – en jy het ʼn produksie wat jou asem gaan wegslaan.
Kom verlustig en verluister jou in sowel ou treffers as splinternuwe liedjies. Dit alles in die pragtige Sudwala-grotte met sy besondere akoestiek en atmosfeer.
Met: Corlea Botha, Joshua na die Reën, Michael Barrett & Tuks Camerata
Genre: Kontemporêre musiek
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R122
Plek: Sudwala-grotte, Nelspruit
Datum: Vr 1 Jul 16:30 en 19:00
Eggo’s uit die grotte,
Roekeloos,
19 Mei 2016.
