Ruk-en-rol en popmusiek is genres wat nie gewoonlik in dieselfde asem genoem word nie.
Wanneer twee van ons voorste liedjieskrywers egter bymekaarkom, sorg dit vir magic. Kurt Darren en Karen Zoid ken mekaar al jare lank, van voor een van hulle bekend geword het. Kurt het in Karen se oom se kroeg in Pretoria opgetree. Nou, dekades later, het hulle uiteindelik die kans – en die tyd – gekry om saam te werk en stof hulle ’n paar ou treffers af met verrassende nuwe verwerkings.
Met: Kurt Darren en Karen Zoid
Regie: Carien Loubser
Vervaardiger: Brainwafe Productions
Genre: Kontemporêre musiek
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R142
Plek: Hoërskool Nelspruit, Nelspruit
Datum: Wo 29 Jun 10:00; Vr 1 Jul 19:00; Sa 2 Jul 10:00
Kurt & Karen,
Roekeloos,
19 Mei 2016.
