Dit is weer einde van die jaar en vir die eerste keer in drie jaar haal ons almal weer asem sonder ‘n masker. Die Kaap is weer Hollands en in hierdie show gaan Jak de Priester sing oor die lief en die leed en die dankbaarheid om weer vry te wees. By die Boer teater restaurant in Durbanville op Sondagmiddag 27 Nov om 14:00 en Woesndag 30 Nov om 20:30. Kaartjies kos R170 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com