Jakkie Louw – Sing Sinatra

Jakkie Louw vat jou op ‘n lewensreis deur ou New York New York se Broadway en deur ou Hollywood se strate waar old blue eyes as jong man kort harte steel met ‘n paar note en, as deel van die mob, ‘n legende geword het.

As jy jou oë toemaak staan jong Frank Sinatra voor jou op die verhoog en sing sy hart uit. Jy mag dalk ook ‘n traantjie pik met die stories oor sy bekendste liedjies. He just did it his way.

Kom saam met ons op hierdie ongelooflike reis by die Boer Restaurant Teater in Durbanville op Sondag 11 Aug om 13:30. Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by 021 979 1911 / 083 406 0111.

Jakkie Louw
Jakkie Louw

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Goeie dag
    Jakkie het Vrydagaand by Vereeniging Gimnasium se afskeidsfunksie opgetree, wat ‘n wonderlike “show”!
    Ek het sy CD van Jakkie sing Sinatra gekoop ongelukkig toe ek wou luister toe spring hy vreeslik, hy is nie vasgeplak op die cd nie. Wat maak ek nou asb!!! Kan julle my asb laat weet?? My sel no is 0723782373

    Groete
    Ben

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar