Jazz on the Rocks is al die afgelope ses jaar suksesvol aangebied in Tietiesbaai. Om die rede kry die fees nou ’n eweknie in Plettenbergbaai op 19 en 20 Maart 2016.
Die fees word gehou by die strand naby Beacon-eiland en op die program is Jimmy Dludlu, Judith Sephuma, Just-Jinger, Kurt Darren, Alistair Izobell, PJ Powers, Errol Dyers, Tony Cox, The Rockets, Steve Newman, Ramon Alexander en nog vele meer.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket en wissel van R220 tot R500.
