Vier leidende musici is gereed om kalmte na die Kaap van Storms te bring met ‘n sprankeluitvoering vol musikale harmonie by die vierde Jong Kunstenaarskonsertreeks by Erin Hall in Rondebosch op Vrydag 26 Julie 2019 om 19:00.

 Drie van die ontluikende sterre is produkte van die jaarlikse Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK), insluitend die 2015 algehele- en goue medaljewenner.

Die 17-jarige Beate Boshoff, die 2018 NJMK naaswenner in die klavierkategorie is die jongste in die groep. Haar medesoliste is fluitspeler Sakhile Humbane die 2015 NJMK eerste pryswenner en houer van die goue medalje en pianis Seiren Wi, wie in 2010 die prys ingepalm het vir die mees belowende semifinalis wie nie in die finale ronde van die NJMK gespeel het nie. Sy was ook ‘n lid van die skadujurie by die 2017 NJMK.

Die vierde lid van die begaafde ensemble is die Oos-Kaap-gebore pianis Dominic Daula, wie tans ‘n nagraadse student is by die Royal Northern College of Music in Manchester waar hy spesialiseer in solo klavieruitvoering.  Dominic sal vanjaar ook lid wees van die skadujurie by die NJMK.

 Dié is die vierde konsert wat deur die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS) aangebied word sedert die ontstaan van die jong Kunstenaars Konsertreeks. Die eerste konsert, ‘n jaar gelede, het saamgeval met die bloedmaan en het ook by die intieme 100-sitplek Erin Hall plaasgevind.

Die program sluit werke in vir klavier en fluit deur Phillipe Gaubert, Francis Poulenc en Frank Martin.

 Matrikulant, Beate kom van Bethlehem in die Vrystaat. Sy beoog om ‘n loopbaan in musiek te volg ná haar matriek. Behalwe vir die vele onderskeidings wat sy al behaal het, het Beate ook as solis opgetree met die Johannesburg Simfonieorkes, die Vrystaatse Simfonieorkes en Kaapstadse Filharmonies Orkes.

Sakhile Humbane, ‘n honneurs BMus Uitvoering student van die Universiteit van Kaapstad (UK) is oorspronklik van KwaMashu in Durban in KwaZulu-Natal. Behalwe dat hy by die 2015 NJMK met die louere weggestap het, het hy verlede jaar na Dubai gereis waar hy die eerste prys vir die Afrika en Midde-Ooste East kategorie van die Yamaha Musiek Golf Studiebeurskompetisie gewen het.

Sy mede-honneurs musiekstudent Seiren Wi studeer tans klavier onder Prof Francois du Toit by die UK. Seiren is ‘n aktiewe kamermusikant en is lid van die Variation 3 Trio, wat die duet en trio kategorieë by die Stellenboschse ensemblekompetisie in 2018 gewen het.

 Boorling van die Oos-Kaap, Dominic Daula, begin sy musiekstudie by die UK in 2013, waar hy sy voor- en nagraadse studies met onderskeiding voltooi het. In 2017 wen hy ‘n beurs om sy studies in Manchester voort te sit.

“Die NJMK, nou in sy 35ste jaar, trek jaarliks die room van klassieke instrumentaliste tussen die ouderdomme van 14 en 19 om mee te ding vir kontantpryse van R145 000 en die gesogte goud-, silwer- en bronsmedaljes. Vanjaar se kompetisie vind van 8 tot 12 Oktober by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow, Kaapstad plaas,” sê Michael Maas, Voorsitter van die NJMS.

 Die oudisies vir 2019 se opkomende sterre is afgehandel en die 18 suksesvolle deelnemers sal aangekondig word in die week ná die Erin Hall-konsert.

“Sedert die begin van die konsertreeks het die NJMS drie konserte met reuse sukses aangebied. Ons het in die proses agt opkomende sterre blootgestel ter vervulling van ons missie om plaaslike musiektalent te identifiseer, bloot te stel en te ontwikkel,” sê Maas.

Onbespreekte sitplekke kos R120 en R70 vir studente, leerders en pensioentrekkers by Computicket by 0861 915 8000 of by die deur. Komplimentêre wyn en sap is by die prys ingesluit.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar