Jou Triller Show

Die aap is uit die mou – Michael Jackson is tall, dark en … Afrikaans!

Verbeel jou – die koning van pop op die verhoog saam met ’n gatskop band van Mitchellsplein en ’n paar sexy blonde dansers. En hoe sal dit klink as Emo Adams liedjies soos “Thriller”, “Black & White” en “Billy Jean” ’n sakkiesakkie, kwaito of langarm twist gee?

Hierdie beloof om die talk of the town te wees. Jy gaan oorweldig word deur ’n lewendige, diverse en komiese optrede waarvoor Emo die afgelope twee jaar bekend geword het.

Jou Triller Show is Adams se eerste volwaardige solo-produksie.

Senior Sekondêre skoolsaal, Clanwilliam
R20

Cederberg Kunstefees 2010

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar