Konsert by Die Bergteater

Geniet weer die jaarlikse saamkuier by die Bushman’s Cave Bergteater met Arno van Zyl en sy vriende uit die vermaaklikheidswêreld, as ‘n voorlopertjie tot vanjaar se Cederberg Kunstefees.

Bushman’s Cave Bergteater wat in die Cederberge noordoos van Clanwilliam geleë is, is ‘n baie besonderse venue en verseker een van die mooiste teaters in die land. Hier word kuns en kultuur in harmonie met die natuur vir jou op ‘n informele en avontuurlike wyse aangebied.

Kampeer met jou tent of karavaan by een van die kampterreine. Neem jou 4×4 en kom toets jou vernuf op een van die vier roetes of kom ry net met jou bergfiets in die natuurskoon. Bewonder en beleef die skoonheid van die Skepping op een van die wandelroetes met van die mooiste rotskuns om te besigtig en woon ‘n opelugkonsert by met van die land se top kunstenaars! Die bobaas-storieverteller Arno van Zyl, Wicus van der Merwe, Viljoen Retief, Andries Vermeulen, boeremusieklegende Flippie van Vuuren, Rooies, Marlé Retief en seremoniemeester Alan Hughes sal jou met vermaak uit die boonste rakke trakteer.

Geniet ook ‘n heerlike ete uit die opelugkombuis tesame met vars gebakte brode uit die buite-oonde!

SPESIAAL: Tolla van der Merwe se biografie – Konsert van die lewe – word teen ‘n afslagprys te koop aangebied. Laat sy seun Wicus en ander kunstenaarsvriende dit sommer vir jou teken ook!

Meer inligting?
Bel Erik of Melinda de Milander by telefoon 027 482 2918 (alle ure) of stuur ‘n e-pos na
erik@bushmanscave.co.za. Of kry meer inligting by www.bushmanscave.co.za.

Cederberg Kunstefees 2010

Bushman's Cave Teater
Bushman's Cave Teater

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar