God van chaos

Wanneer die Villiers-egpaar die Le Rouxs nooi om ’n bakleiery tussen hulle seuns uit te sorteer, ontaard dié
beskaafde bespreking in ’n volskaalse voorstedelike burgeroorlog.

Alan le Roux se selfoon is chirurgies aan sy oor vas, Yvonne Villiers verstaan nie die barbaarsheid van die kontinent waarop sy woon nie, Annette le Roux probeer almal kalm hou en Magiel Villiers word ontmasker as ’n marmotmoordenaar.

Die humor is vinnig, bytend en donker.

Die Engelse weergawe van die toneelstuk het die Laurence Olivier-prys vir beste nuwe komedie asook drie Tony-pryse (onder andere beste nuwe toneelstuk van 2009 op Broadway) ingepalm.

‘n Ko-produksie van Absa KKNK en Innibos.

Teks: Yasmina Reza
Vertaling (uit Frans) en verwerking: Trix Pienaar en Hennie van Greunen
Regie: Hennie van Greunen
Met Anna-Mart van der Merwe, Johann Nel, Martelize Kolver en Leon Kruger

90 min. R100 ATKV-ouditorium
1 Apr. 20:00 2 Apr. 09:00 3 Apr. 20:00 4 Apr. 10:00 5 Apr. 20:00

KKNK 2010

Lewer kommentaar

Leave a Reply