#kkarooklassique Met Klavier en Klarinet van Saint-Saëns tot Brahms

Sulayman Human en Visser Liebenberg, twee baie belowende meesterstudente aan die US Konservatorium, se program bevat onder meer Saint-Saëns se Sonate vir klarinet en klavier in E-mol Majeur, op. 167; een van die heel eerste werke om die waarde van die klarinet as solo-instrument te beklemtoon.

Brahms se Sonate vir klarinet en klavier vorm die hart van die program. Human en Liebenberg onderneem hierdie uitvoering, wat Liebenberg se debuut op Oudtshoorn sal wees, ter stywing van fondse om hulle nagraadse studies te voltooi.

Genre: Klassieke musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R90
Plek: NGK Park, Oudtshoorn
Datum: 14 Augustus 2015, 10:00

Klein Karoo Klassique 2015

Met Klavier en Klarinet van Saint-Saëns tot Brahms,
Roekeloos,
22 Julie 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply