Roan Ash se 2018 album Whiskey to my Soul het sy musiekloopbaan suksesvol geloods. Apple Music het drie van Roan se liedjies, Little Things, If I Ever saw Heaven en Whiskey to my Soul gekies vir hul gesogte Apple Music, A-list Country Playlist. Die liedjies If I ever saw Heaven en Whiskey to my Soul het die nommer een posisie op verskeie Suid-Afrikaanseradiostasies gehaal en beide die liedjies se musiekvideos het meer as drie miljoen kykers op YouTubebereik. Hierdie gewilde album het binne minder as ’n jaar Platinum-status bereik.

Ash het ’n unieke verhoogteenwoordigheid en dit kom sterk deur in hierdie spesiale KKNK Mothership-sessie. Sy musiek vertel stories wat gehore diep raak. Ash sê die volgende oor die skryf van sy liedjies: “My inspirasie kom hoofsaaklik van persoonlike ervarings af, maar ek skryf ook soms oor fiktiewe karakters en stories. My musiek is ’n uitbeelding van wat ek self graag na wil luister.”

Ash sê dat dit vir hom ’n uitsonderlike ervaring was om sy vertoning vir dié gewilde reeks saam met die Mothership Studios-span op te neem: “Dit het weereens bewys dat ons Suid-Afrikaners wêreldklas produksies kan lewer.” Uit die mond van iemand wat in 2019 genooi was om by die CMA–fees in Nashville op te tree: “Nashville is die musiekhoofstad van die wêreld. Ek het die voorreg gehad om uitstekende musikante saam met my op die verhoog te hê en het tydens die fees besef dat Suid Afrikaanse musiek niks het om voor terug te staan nie.”

Ash tree op saam met Dawie de Jager op baskitaar, Matthys Maree op klavier en Riaan Diedericks speel die dromme.

Moenie hierdie uitstekende konsert misloop nie! Kry jou kaartjie by WEBTICKETS. Dié musieksessie sal vanaf Donderdag 17 September om 20:00 beskikbaar wees om te kyk tot Sondag 27 September.

HOE OM DIE VERTONING TE KYK: (Twee maklike stappe!)

  1. Jy koop ’n kaartjie presies soos wat mens ’n kaartjie vir ’n gewone konsert sou koop, by WEBTICKETS. *Jy moet ’n profiel skep, en jou kontakbesonderhede invul. 
  2. Op die aand van die vertoning, skakel jy weer in op WEBTICKETS, gaan na My Account, en kliek dan op My TicketsHier sal ’n skakel wees wat 20:00 live gaan. Kliek dan op die skakel – die player sal outomaties oopmaak en jy kan die vertoning kyk. 
Roan Ash, foto: Marlie Loubser

Lewer kommentaar

Leave a Reply