Albie van Schalkwyk het homself oor die afgelope 30 jaar gevestig as ‘n uitvoerder van ’n aantal musiekvelde. Hy is een van die voorste kamermusikante en vokale begeleiers, hy het himself ook gevestig as solis, het meesterklasse vir sangers en begeleiers aangebied, gewerk as ‘n musiekvervaardiger vir die SABC, musiekverwerkings gedoen, o.a. Broadway musiekspele en operas vir twee klaviere en orkesstukke vir drie tot ag klaviere. Hy is in 2009 aangestel as ereprofessor in Klavier en Kamermusiek by die Musiekkollege van die Universiteit van Kaapstad.
Die program sal insluit: Uittreksels en volledige werke van Mozart, Beethoven, Brahms, Fauré en Dvorak. ‘n Spesiale item op die program : “Dieregebede” van Frieder Meschwitz (in Afrikaans vertaal deur Albie van Schalkwyk) vir twee vertellers en klavier.
Deelnemers: Albie van Schalkwyk (aanbieder en klavier), Anna van der Merwe (viool), Aristide du Plessis (tjello), Francois Botha (klavier), Hanna van Niekerk (verteller).
Kalfiefees 2012
Sandbaaisaal, Hermanus
Sondag 12 Augustus, 14:00
Tyd: 80 minute
Kaartjies: R80