Die bekende tenoor Jannie Moolman sorg vir ’n onvergeetlike musiekervaring wanneer hy saam met drie kore van Hermanus optree: die Pro Musica Koor onder leiding van Louna Stofberg, Hermanus-Hoërskoolkoor onder leiding van Annemarie Rautenbach, en die Curro Cantare-dogterskamerkoor afgerig deur Maike Skein.
Elke koor voer hul beste werke uit, en tussendeur bekoor Jannie die gehoor met sy goue stem. ’n Massakoor-uitvoering met Jannie as solis sluit die skouspel af.
MET: Jannie Moolman en drie kore
VERVAARDIGER: Pierré en Pauli Produksies
Tydsduur: 150 minute
Geen ouderdomsperking
3 AUGUSTUS
NG KERK, HERMANUS
16:00 • R200/R100

