“Ek het nie gedink ons sal dit ooit weer kan doen nie,” het Koos Kombuis gesê toe hy hoor hy sal weer by Die Boer in Durbanville kan speel. “Ek het vas geglo dis die einde van ’n era! En ek was so hartseer!”
Maar ja, dis waar; na ’n baie, baie lang afwesigheid – veels te lank – is Koos weer terug op die planke van een van sy gunsteling teaters in die Kaap. Met nuwe skoene, ’n nuwe bandana, maar dieselfde kitaar en bottel wyn as altyd.
En dit gaan wees asof niks intussen gebeur het nie. Dis weer die goeie ou tye!
En, soos tevore, sal hy ’n mengsel ou en nuwe liedjies op ons loslaat – nuwe liedjies wat hy in grendeltyd geskryf het vir ‘n album wat hy die end van die jaar gaan opneem – en ou liedjies sommer net vir die lekker. Want ‘n Koos show is nie ’n Koos show sonder “Lisa se Klavier” en “Johnny” nie.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie … netnou kom daar weer ’n pandemie, en dan moet ons weer twee jaar wag voor ons vir Koos kan kom luister!
By die Boer restaurant teater in Durbanville op 12 en 13 November 2021 om 20h00. (deure open om 18:00 vir ete) Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
