Land in die suide

Land in die suide is David Fourie se eerste album. Vir ´n eerste album is dit ‘n goeie poging.

Persoonlik raak ek moeg van al die verbeeldinglose covers wat op elke CD hier aankom. Fourie se CD is geen uitsondering nie. Dit het ‘n paar en kon beslis daarsonder gebly het.

Die titelsnit van die album is reg gekies. Joe Niemand se komposisies op Land in die suide is uitstaande. Die beste, en moontlike treffers, is die titelsnit, “Jy sprei my vlerke” en “Saam met jou”.

Alles in ag geneem is Land in die suide ‘n goeie professionele poging. David Fourie sal beslis sy teikenmark se knieë knak hiermee.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar