Solo

Mens is nooit te dood om geld te maak nie en as jou naam Freddie Mercury is gaan jy nog lank verkoop in Suid-Afrika.

Daar is nie ‘n plattelandse hotel in Suid-Afrika wat nie ten minste een maal per maand een van die talle treffers uit sy pen speel nie. Hoeveel mense op ons planeet het nou nog nie “Bohemian Rhapsody” ten minste twee maal gehoor nie.

Solo maak mens nuuskierig, maar is net nog ‘n poging van een of ander bemarkingskalant om ‘n paar sent te maak. Al Freddie se bekendes is daar en een van die 3 CD’s bevat onbekende snitte van ‘n paar b-kante. Die man homself sou nooit tevrede gewees het met hierdie stukkie brouwerk nie.

5 op ‘n skaal van 10

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar