Lekkerland Carnival is die perfekte dag uit vir vriende en familie wat hou van goeie musiek en baie pret.
Prime Circle, Elandré, Matthew Mole, Georgetown en Irene – Louise van Wyk vorm reeds deel van die dag se program.
Irene – Louise van Wyk vertel ‘My lekkerland is soos ‘n karnaval. Adrenalien en good vibes in die lug!’
Ross Learmonth van Prime Circle sê dit lyk vir hom soos ‘enige musiek fan se droom: Die klanktoerusting toring uit na bo asof dit uit die grond groei, daar is baie kroeë met geen rye en die musiek is so ongelooflik fantasties dat jou vriend nie eers sal durf om in jou oor te praat as jy die hele dag lank net musiek wil luister nie.’
Elandré vertel sy idee van Lekkerland Carnival is om ‘musiek te maak met kitaar in die hand voor ’n vuurwarm gehoor. Hy sien uit daarna om weer agter die verhoog met sy mede-musiekmakers op te vang en vir ‘ons mense te gee wat hulle ’n jaar lank al na verlang. Ek en die Buchu Bende kan nie meer wag nie, sien julle daar!’
Lekkerland Carnival inligting
Plek Pretoria Nasionale Botaniese Tuin
Hekke oop 08h30
Hekke toe 18h00
Kaartjies Computicket, op die Lekkerland Carnival webblad, of by Usave, Shoprite en Checkers Money Markets
‘Early bird’ kaartjies R250 (beperkte aantal kaartjies)
Algemene toegang R280
Kinders onder 15 Gratis (onthou om jou kinders te registreer wanneer jy jou kaartjies koop)
Kinders Karnaval speelterrein met springkastele, glybane, ritte en speletjies Verversings Gelisensieerde biertent met kosstalletjies vir almal se smake
